Welkom

 

By Mimi Greyling Rekenmeesters ontwikkel ons 'n passie vir jou besigheid. Daarom doen ons moeite om jou besigheid se prosesse te verstaan. Ons bied ondersteuning in al jou rekeningkundige- en finansiële bestuur sodat jy kan fokus op jou kern besigheid. 

Ons aanbod aan u is uniek omdat ons netwerk met ander geoktrooiëerde rekenmeesters, prokureurs en finansiële adviseurs het . Hierdie diverse reeks kundigheid word oordeelkundig toegepas om nie net 'n gewone rekenmeester te wees nie, maar 'n omvattende finansiële tuiste te skep.  

Alhoewel Mimi Greyling Rekenmeesters se hoofkantoor in Louis Trichardt geleë is, beperk dit nie die toereikendheid van ons kundigheid nie. Met die benutting van tegnologie bedien ons ons kliënte reg oor die wêreld.


Ons is 'n trots Afrikaanse organisasie en bestaan 100% uit 'n vroulike werksmag en bestuur.

 

Kontak Ons




 
 
 
Call
Email