Persoonlike Inkomstebelasting 

 

SARS het heelwat veranderinge gemaak aan die proses vir 2024 so ons wil graag die volgende belangrike aangeleenthede onder u aandag bring:

 

  • Individue wie nie geregistreer is vir voorlopige belasting nie, se sperdatum vir indiening, is die 21ste Oktober 2024.
  •  Individue wie wel geregistreer is vir voorlopige belasting, het tyd tot die 20ste Januarie 2025, om hulle opgawes in te dien.


SARS gaan weer hierdie jaar, soos in 2023, outomatiese aanslae (Auto Assessments), uitreik vir sekere individue, daar is egter ’n paar veranderinge aan die proses. Die proses vir 2024 word in die aangehegde dokument uiteengesit.


Outomatiese aanslae word uitgereik aan individue waar al die relevante belasting inligting reeds deur derde partye aan SARS voorsien is. Dit sluit in, werkgewers, mediese fondse, aftreefondse, banke en beleggingsinstellings. Indien reeds ’n SMS of ’n epos ontvang het ten opsigte van ’n geskatte aanslag is dit baie belangrik om die aangehegte skrywe, van ons, met betrekking tot Outomatiese Aanslae / Auto Assessments, baie deeglik te bestudeer en seker te maak dat u vertroud is met die proses. 


Besoek ons gratis belasting sakrekenaar om uit te vind hoeveel belasting u behoort te betaal.


Laai u gratis logbook hier af.

U kontrolelys vir individuele belastingopgawes. 

 


 
 
 
Call
Email