Meer oor Ons

Ons onderskeie spesialiste is elkeen meesterlik op hul gebied en sal verseker dat u besigheid die persoonlike aandag sal kry waarop ons roem. Dit is ook waarom ons leuse, 'n Persoonlike Professionele Diens is.

 

Mimi Greyling - Stigter (3 November 1981 - 24 Mei 2021)


Mimi het in 2004 haar B.Com graad in Rekeningkunde aan RAU (tans bekend as Universiteit van Johannesburg) verwerf.


Mimi het haar loopbaan begin as 'n interne ouditeur by 'n firma in Pretoria, maar haar loopbaan het spoedig in 'n ander rigting gedraai toe sy aangestel is as die finansiële bestuurder en rekenmeester by 'n groot voerkraal in die Limpopo provinsie. Sy het byna 17 jaar ondervinding as rekenmeester gehad en was aan stuur van haar praktyk sedert Januarie 2011.


Mimi is skielik en onverwags op 24 Mei 2021 oorlede. Gelukkig leef haar passie vir uitnementheid voort in die praktyk en ook in haar drie pragtige seuns.







Irmarié Greyling GR (SA) - Prinsipaal en Direkteur


Irmarié het haar skoolloopbaan saam met Mimi in 1999 aan die Hoërskool Louis Trichardt voltooi waarna sy haar BCom Rekeningkunde Hons aan Tuks verwerf het. Sy het daarna haar klerkskap by PwC voltooi en het in 2006 as Geoktrooieerde Rekenmeester gekwalifiseer.


Irmarié het in 2007 vertrek na Vancouver, Kanada waar sy vir ‘n aantal jare in Vancouver se kantoor van PwC opgetree as Korporatiewe Belasting spesialis. Sy het meestal op kliënte gewerk wat gelys was op die New York se effektebeurs.


In 2012 het Irmarié aangesluit as finansiële bestuurder by Golden Frontiers Citrus en daarna ook haar eie firma, Dunamis Accounting gestig. Sy is tans ook die Bestuurende Direkteur by hulle familieboerdery.







Lourien Willemse - Rekenmeester

Lourien het in 2007 haar BCompt Rekeningkunde-graad aan Unisa verwerf. Sy het vir langer as 8 jaar in Engeland as rekenmeester gewerk. Sy is sedert Februarie 2022 in Mimi Greyling Rekenmeesters Ing. se diens. 

Lourien se energieke lus vir die lewe is aansteeklik. Iemand met haar deursettingsvermoë is skaars. 

Lourien werk in die kantoor in Louis Trichardt. Sy is 'n moeder van drie pragtige kinders.






Annika Kotzé - Rekenmeestersklerk


Annika het in 2022 by ons aangesluit as algemene ontvangsdame nadat sy aan Merensky Hoërskool gematrikuleer het. 


Toe Annika by ons aasluit, was sy besig om LLB te studeer. Gou het haar belangstelling egter in rekeningkunde begin opvlam en sy het haar studierigting verander na Rekeningkunde.


Annika se passie, vriendelikheid en deeglikheid maak haar 'n uiters gewaardeerde lid van ons span.







Malinda Perucatti - Ontvangsdame


Malinda het in die begin van 2024 by ons aangesluit nadat sy aan Hoërskool Louis Trichardt gematrikuleer het.


Malinda behartig ons ontvangs en sy sal jou graag met 'n koppie koffie bedien.


Malinda se passie lê by klein kinders en daarom is sy besig om te studeer vir 'n  graad in grondslag onderwys.

Kontak Ons

 
 



 
 
 
Call
Email