Mimi Greyling Rekenmeesters Ingelyf  
 'n Persoonlike Professionele Diens  

Meer oor Ons

Ons onderskeie spesialiste is elkeen meesterlik op hul gebied en sal verseker dat u besigheid die persoonlike aandag sal kry waarop ons roem. Dit is ook waarom ons leuse, 'n Persoonlike Professionele Diens is.

 

Mimi Greyling - Hoof rekenmeester en prinsipaal

Mimi het in 2004 haar B.Com graad in Rekeningkunde aan RAU (tans bekend as Universiteit van Johannesburg) verwerf.

Sy staan ook tans bekend as 'n General Tax Practitioner (SA) geregistreer by The South African Institute of Tax Professionals.  

Verder het sy ook haar akkreditasie by die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Besigheidsrekenmeesters (SAIBA) in Julie 2015 verkry. Sy staan tans bekend as Business Accountant in Practice (SA). Hierdie akkreditasie stel haar instaat om baie meer take vir die klein tot medium sakeonderneming te verrig as voorheen.

Mimi het haar loopbaan begin as 'n interne ouditeur by 'n firma in Pretoria, maar haar loopbaan het spoedig in 'n ander rigting gedraai toe sy aangestel is as die finansiële bestuurder en rekenmeester by 'n groot voerkraal in die Limpopo provinsie. Sy het byna 15 jaar ondervinding as rekenmeester en bedryf nou reeds haar praktyk sedert Januarie 2011.

Lees gerus ook die artikel oor Mimi, gebubliseer in Accounting Weekly

https://accountingweekly.com/women-in-accounting-meet-mimi-greyling-bap-sa/



Delize van Biljon - Professionele rekenmeester en SARS korrespondent - Gauteng

Met SARS besoeke wat toenemend meer kompleks, tydsaam en ingewikkeld raak het Mimi Greyling Rekenmeesters besluit om 'n samewerkingsooreenkoms met Delize te sluit. Sy is vanaf einde 2017 verantwordelik vir alle SARS kantoor besoeke en haar sukses het groot koste en tyd besparings tot gevolg vir ons praktyk en so ook ons kliënte.

Delize het haar B.Com Finansiële Rekenmeesterskap-graad in 2006 aan die Noordwes-Universiteit behaal. Sy is sedert 2013 'n lid van die Suid-Afrikaanse Instituut van Professionele Rekenmeesters (SAIPA). Verder beskik Delize ook oor die titel van General Tax Pratitioner (SA).

Delize werk vanuit haar kantoor in Springs, Gauteng. Sy is oorspronlik ook vanaf Louis Trichardt, Limpopo.



Lenise Taylor - Rekenmeester

Lenise het in 2014 haar B. Compt graad in Rekeningkundige Wetenskappe aan Unisa verwerf.

Lenise het jaar loopbaan begin as rekeningkundige klerk by ‘n firma in Polokwane, waar sy voltyds gewerk en deeltyds gestudeer het. Nadat haar klerkskap voltooi was, het sy as senior oudit klerk by ‘n ouditeursfirma in Louis Trichardt gewerk. Maar die plaaslewe het haar nader getrek en het sy vir ‘n tydperk van 5 jaar by ‘n groot boedery in die Dendron omgewing gewerk as senior rekenmeester.

Lenise werk vanuit haar kantoor in Dendron in Limpopo. Sy is ook oorspronklik van Louis Trichardt. 



Sune Jongbloed - Tegniese Finansiële Rekenmeester

Sune het haar loopbaan begin as boekhouer by 'n gerespekteerde firma in Polokwane. Sy het tydens haar loopbaan daar, haar kwalifikasie as Tegniese Finasiële Rekenmeester verwerf en daarom maak dit haar uiters geskik vir haar taak by Mimi Greyling Rekenmeesters. Dit is haar skerp oog vir detail, tesame met haar kundigheid en ervaring wat haar uitsonderlik maak.

Sune se skerp sin vir humor maak haar baie geliefd onder ons kliënte.

Die plaaslewe het ook vir Sune geroep, sy werk uit haar kantoor naby Vivo.


 

Kontak Ons

 
 



 
 
 
 
Call
Email