Mimi Greyling Rekenmeesters Ingelyf  
 'n Persoonlike Professionele Diens  

Welkom

 

By Mimi Greyling Rekenmeesters analiseer ons jou besigheid se prosesse en bied ondersteuning in al jou rekeningkundige- en finansiële bestuur sodat jy kan fokus op jou kern besigheid. 

Ons aanbod aan u is uniek omdat ons assosiasies het met geoktrooiëerde rekenmeesters, prokureurs en finansiële adviseurs. Hierdie diverse reeks kundigheid word oordeelkundig toegepas om vir u nie net 'n gewone rekenmeester te wees nie, maar 'n omvattende finansiële tuiste te skep.  

Alhoewel Mimi Greyling Rekenmeesters se hoofkantoor in Louis Trichardt geleë is, beperk dit die toereikendheid van ons kundigheid nie. 

Met die benutting van tegnologie bedien ons ons kliënte reg oor die wêreld.

Ons is 'n trots Afrikaanse organisasie en bestaan 100% uit 'n vroulike werksmag en aandeelhouer.

 

Kontak Ons


 
 
 
 
Call
Email